Narrow your search

Library

LUCA School of Arts (22)

Odisee (22)

Thomas More Kempen (22)

Thomas More Mechelen (22)

UCLL (22)

VIVES (22)

KU Leuven (15)

ULB (14)

ULiège (14)

Vlaams Parlement (14)

More...

Resource type

book (13)

periodical (9)


Language

Afrikaans (22)


Year
From To Submit

2019 (1)

2018 (2)

2017 (4)

2016 (2)

2015 (1)

More...
Listing 1 - 10 of 22 << page
of 3
>>
Sort by

Book
Meer Oor PJ Van der Merwe.
Author:
ISBN: 0620747455 Year: 2017 Publisher: Stellenbosch : African Sun Media,

Loading...
Export citation

Choose an application

Bookmark

Abstract

"Saam met Berigte uit die Dorsland het die historikus se dogter, Margaretha Schäfer, ook Meer oor P.J. van der Merwe saamgestel. Dit vorm as't ware 'n tweeluik. Baie interessant is onder meer koerantberigte oor Van der Merwe se openbare optredes in 1940 terwyl die Tweede Wêreldoorlog gewoed het. Hy was toe nog nie 30 jaar oud nie en het pas teruggekeer van Nederland waar hy sy doktorale studies afgehandel het ... In dié bundel is verskeie resensies opgeneem wat Van der Merwe oor leidende historici se werk geskryf het. Dit sluit ook in evaluasies van ander historici van sy werk en van die dosente in die Geskiedenis-departement aan die U.S., waarvan hy van 1955 tot 1977 die effektiewe hoof was ... 'n Opstel deur F.A. van Jaarsveld, waarin hy Van der Merwe en sy werk ontleed, is een van die mees uitstaande bydraes van hierdie historikus. Dit is egter die essay getitel Trek, deur die Australiese historikus W.K. Hancock, wat in die tydskrif, The Economic History Review, gepubliseer is, wat beter as alle ander pogings slaag om die unieke bydrae van Van der Merwe tot die Suid-Afrikaanse historiografie te beskryf en te ontleed." - Hemann Giliomee.


Book
Pioniers van die Dorsland.
Author:
ISBN: 1928314147 9781928314141 9781928314134 Year: 2016 Publisher: [Place of publication not identified]

Loading...
Export citation

Choose an application

Bookmark

Abstract

Hierdie reeks van 4 historiese boeke deur P.J. van der Merwe herleef weer deur middel van digitale druk-tegnologie. Die oorpronklike boeke is geskandeer en is nou beskikbaar in druk- en PDFformaat, as 'n stel of individueel. Die ander boeke in die reeks is Die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770-1842) en Die Trekboer in die Geskiedenis van die Kaapkolonie (1657-1842) en TREK Studies oor die Mobiliteit van die Pioniersbevolking aan die Kaap (1770-1842).


Book
Berigte Uit Die Dorsland en Ander Pioniersgewestes.
Author:
ISBN: 0620747439 Year: 2017 Publisher: Stellenbosch : African Sun Media,

Loading...
Export citation

Choose an application

Bookmark

Abstract

"Kort ná sy aanstelling as lektor op Stellenbosch het die historikus P.J. van der Merwe aandag begin skenk aan die Noordweste. Die gebied was destyds grootliks onbekend aan mense buite dié geweste. Soos vandag nog was daar destyds onsekerheid oor die grense van dié streek en sy sub-streke ... Berigte uit die Dorsland, wat sy dogter, Margaretha Schäfer, saamgestel het, bevat meer as 200 tydskrif- en koerantartikels uit sy pen. Die artikels, gebaseer op sy onderhoude en waarnemings, bied 'n rykdom aan belangrike inligting, wat hy versamel het tydens twee uitgebreide besoeke aan die Noordweste en omliggende dele ... Lank voor die meeste historici het hy besef dat 'n persoonlike onderhoud met iemand wat 'n bepaalde ervaring gehad het 'n waardevolle historiese bron kan wees. Dit was egter noodsaaklik om die getuienis te toets en met die getuienis van ander mense te kontroleer. Die artikels in Die Burger, Die Huisgenoot, Landbouweekblad en Sarie Marais word vergesel van uitstekende foto's wat Van der Mewe met sy kamera geneem het.'" - Hermann Giliomee.


Book
Die Verhaal Van Die Griekse Taal Oor 35 Eeue Heen.
Author:
ISBN: 192835730X 1928357296 Year: 2017 Publisher: Stellenbosch : African Sun Media,

Loading...
Export citation

Choose an application

Bookmark

Abstract

Vir die eerste keer in Afrikaans (die jongste Westerse taal wat in die afgelope eeu reeds sy eie unieke letterkunde geskep het) word die verhaal van Grieks vertel, die oudste Westerse taal waarin feitlik al die bekende literere genres hul weergalose vorm en gestalte gekry het. Hoewel hierdie publikasie basies linguisties van aard is, poog die skrywer om die dramatis personae self ook aan die woord te stel in plaas van om net in taalkundige jargon te verval. Om 'n werk soos hierdie saam te stel, vereis kundigheid in verskeie vaksubgebiede wat begin by oer-Grieks in sy sillabiese lynskriffases A en B. Die Grieks van die Goue Era van Perikles se Athene (circa 500 v.C.) is die bekendste. Min mense besef egter dat Homeros bedrieglik pre-klassiek is. Die klassieke Griek kon sy twee groot eposse (die Ilias en die Odusseia) nie sonder meer vlot lees nie. Dit was hulle Chaucer en Shakespeare. Die Griekse NT is sekerlik die belangrikste dokument wat ooit in Grieks opgestel is, hoewel dit stilisties nie naastenby die beste is nie. Vir sy bespreking van veral die semantiek van Moderne Grieks gebruik die skrywer hier vir die eerste keer dr. Philip Nicolaides se uitvoerige Grieks-Afrikaanse Woordeboek van 843 foliogrootte bladsye. Dis teen die middel van die vorige eeu opgestel, maar is nooit gepubliseer nie. Gerrit Kruger besit vandag die enigste (oorspronklike) kopie daarvan.

Keywords

Greek language --- History.


Book
Taalkundige Essays : N Gerf Uit Die Vroegskemer.
Author:
ISBN: 1928357490 Year: 2017 Publisher: Stellenbosch : African Sun Media,

Loading...
Export citation

Choose an application

Bookmark

Abstract

"This work is a combination of original (new) research, the reworking of earlier published work, as well as the processing of lectures and papers. The contributions in the volume contribute to investigating unexplored areas and refining others in the light of new insights." - Prof. Wannie Carstens, North West University.


Book
Die Kaapse Helpmekaar, c.1916-c.2014
Author:
ISBN: 1928357792 9781928357780 1928357784 9781928357797 Year: 2018 Publisher: [Stellenbosch]

Loading...
Export citation

Choose an application

Bookmark

Abstract

Die boek beoog om die verhaal van die Kaapse Helpmekaar as katalisator in die ekonomiese opheffing van Afrikaners in die vaarwater van die Rebellie van 1914-15 te vertel. In die proses was die Kaapse Helpmekaar, met sy fokus op opvoeding en onderwys, 'n bemiddelaar in Afrikaner-opheffing, selfrespek en aansien. Dit was dus 'n fasiliteerder van Afrikaner sosiale mobiliteit. As 'n kredietverskaffer vir tersiêre opleiding van Afrikaanse studente vir meer as 'n honderd jaar, verteenwoordig dié verhaal in 'n sekere sin die verhaal van Afrikaners - van hul armblanke-status in die vroeg 20ste eeu tot vooruitstrewende burgers van die kapitalistiese verbruikerskultuur van die 21ste eeu. Die verhaal van die Kaapse Helpmekaar resoneer in die sin ook met die huidige debatte rondom die finansiering van tersiêre onderrig. Dit verskaf 'n Afrikaner-antwoord op 'n 20ste eeuse #feesmustfall-uitdaging wat, ten spyte van die verskil in konteks, 'n templaat en 'n benadering voorhou waarby 'n 21ste eeuse Suid-Afrika steeds baat kan vind.

Keywords

Poverty --- Poverty --- History.


Book
Augustinus
Author:
ISBN: 1928357679 9781928357674 9781928357667 1928357660 Year: 2018 Publisher: [South Africa]

Loading...
Export citation

Choose an application

Bookmark

Abstract

'n Nostalgiese reis styg uit die pen van prof. Louis C. Jonker oor sy eie herinnering aan en verlange na die leermeesters wat hom help vorm het, sy eie ontwaking as bybelwetenskaplike, en sy bediening in die NG kerk. Hy verken ook sy innerlike stryd in hierdie verskillende tydperke. Die uitvloeisel hiervan is 'n mengsel van historiese novelle, biografie, persoonlike memoires en die akademiese skryfsels van prof. Ferdinand Deist, Biskop John Colenso, prof. Johannes du Plessis en ook dié van Jonker. Die vertellings - wat soms aan speelse fantasie grens - word in die boek afgewissel met toegeligte uittreksels uit vakliteratuur deur, en oor, die vier gespreksgenote. Uiteindelik lewer Jonker hiermee belangrike kommentaar oor die huidige stand van Bybelinterpretasie in Suid-Afrika.


Book
Herinneringe and Verlange : Gesprekke Oor Mag, Geskiedenis en Die Bybel.
Author:
ISBN: 1928314538 Year: 2019 Publisher: Stellenbosch : African Sun Media,

Loading...
Export citation

Choose an application

Bookmark

Abstract

'n Nostalgiese reis styg uit die pen van prof. Louis C. Jonker oor sy eie herinnering aan en verlange na die leermeesters wat hom help vorm het, sy eie ontwaking as bybelwetenskaplike, en sy bediening in die NG kerk. Hy verken ook sy innerlike stryd in hierdie verskillende tydperke. Die uitvloeisel hiervan is 'n mengsel van historiese novelle, biografie, persoonlike memoires en die akademiese skryfsels van prof. Ferdinand Deist, Biskop John Colenso, prof. Johannes du Plessis en ook dié van Jonker. Die vertellings - wat soms aan speelse fantasie grens - word in die boek afgewissel met toegeligte uittreksels uit vakliteratuur deur, en oor, die vier gespreksgenote. Uiteindelik lewer Jonker hiermee belangrike kommentaar oor die huidige stand van Bybelinterpretasie in Suid-Afrika.

Keywords

Religion --- Religion --- History. --- Philosophy.


Book
Afrikaanse Filosofie : Perspektiewe en dialoë
Author:
ISBN: 1920382798 192038278X Year: 2016 Publisher: Bloemfontein UJ Press

Loading...
Export citation

Choose an application

Bookmark

Abstract

"Hierdie is die eerste boeklengte poging om 'n Afrikaanse filosofiese tradisie te beskryf binne die konteks van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, en om die geskiedenis van die filosofie internasionaal te interpreteer. In die proses word van die belangrikste Afrikaanse filosowe self aan die woord gestel. Dit is werklik 'n waardevolle kultuurhistoriese dokument en 'n enorme bydrae tot die intellektuele geskiedenis in Suid-Afrika." - Prof Desmond Painter


Book
Gereformeerdes onder die Suiderkruis 1652-2011 : die verhaal van vier Afrikaanse kerke
Author:
ISBN: 1920382674 1920382666 Year: 2015 Publisher: Bloemfontein UJ Press

Loading...
Export citation

Choose an application

Bookmark

Abstract

Die outeur bekyk flitspunte uit die geskiedenis van vier Afrikaanse Gereformeerde kerke in Suid-Afrika, met die NG Kerk as sleutelfiguur. Hoewel die tema van kerk en samelewing belangrik is in hierdie studie, kry kernelemente in Gereformeerd-wees ook aandag. Dit sluit in belydenis- en leerstellige benaderings, Gereformeerde karakter, onderlinge verhoudinge en ekumene, en jonger kerke of kerklike familie.

Listing 1 - 10 of 22 << page
of 3
>>
Sort by